Bestel Toets Kits

Bloedmonsternemingstelle (BC Kits) kan teen kosprys plus afleweringskoste bestel word deur ons te skakel, faks of epos om 'n bestelling te plaas. Bestellings kan ook aanlyn ingevul word.

Oor Lumegen Laboratories

Lumegen Laboratories het ontstaan vanuit soortgelyke dienste wat aangebied is deur die Mitochondria Navorsingslaboratorium van die Sentrum vir Menslike Metabonomika, Noordwes Universiteit, Potchefstroom.

Die visie van die maatskappy is om welvaart in die plaaslike gemeenskap te bevorder. Die missie is om hoë-kwaliteit molekulêr-diagnostiese dienste te lewer en, deur medewerking met plaaslike innoverende akademiese instansies, nuwe kundigheid en werkgeleenthede op die terrein van molekulêre diagnostiek te skep.